Integriteit
·
Ons sal in ons handelswyse te alle tye eerlik,
regverdig en met integriteit optree.
·
Ons sal te alle tye daarna streef om kliënte en
belangegroepe se vertroue in ons handelswyse te versterk.
·
Ons sal gepaste advies en oplossings bied om in
ons kliëntbehoeftes te voorsien.
Met dit in gedagte, sal ons ons weerhou van
sekere produkte, verkoopstegnieke en advies wat ons as onwenslik beskou.
Vertroulikheid
Ons belofte van vertroulikheid gaan hand aan hand met ons verbintenis
tot integriteit. Om ons kliënte se vertroue waardig te wees, is dit belangrik
dat ons optrede te alle tye van betroubaarheid, toegwydheid en eerbaarheid
getuig.
·
Ons sal die vertroulikheid respekteer van
inligting wat aan ons verskaf word en sal redelike maatreëls tref om te
verseker dat die vertroulikheid nie geskend word nie.
·
Ons sal nie vertroulike inligting gebruik of
openbaar maak behalwe in die normale gang van finansiële dienslewering nie,
tensy die skriftelike toestemming van die verskaffer van die inligting vooraf
verkry is, of tensy die openbaarmaking van die inligting in openbare belang is
of deur die wet verplig word.
Bevoegdheid en behoorlike sorg
Ons kliënte vertrou ons om hulle deur die ingewikkelde, steeds
wisselende wêreld van finansies te lei. Dit is ons verantwoordelikheid om
onsself voortdurend te verbeter sodat ons die mees vernuwende, praktiese,
finansiële advies aan hulle kan verskaf.
·
Ons sal ons kennis en vaardighede voortdurend
opskerp sodat ons bevoegde en gepaste advies aan ons kliënte kan lewer. Ons sal
ons opleiding reg deur ons loopbaan voortsit om ons professionele bevoegdheid
op al die gebiede waarin ons sake doen, te verbeter.
·
Ons sal voldoen aan die opleidingsvereistes wat
deur die Finansiële Advies en Tussengangersdienste Wet vereis word.
·
Ons sal te alle tye advies verskaf wat binne die
grense van ons kundigheid en bevoegdheid val. Waar die toepaslike advies of
oplossing vir ‘n kliënt buite ons veld van deskundigheid is, sal ons ‘n persoon
met die nodige kundigheid raadpleeg of betrek.
·
Gereeld ons kliënte se behoeftes te hersien en
doelwitte voortdurend aan te pas om veranderende omstandighede te akkommodeer.
·
Te voldoen aan alle regulasies soos bepaal deur
die Wette op die Finansiële Intelligensiesentrum, Finansiële Advies- en
Tusengangersdienste en die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, asook enige
ander relevante wetgewing wat van tyd tot tyd gepromulgeer word.
·
Te verseker dat ons die beste moontlike
verhoudings ontwikkel tot die wedersydse voordeel van ons kliënte,
hul families en al ons belanghebbendes.
Verskaffing van tersaaklike Inligting
·
Ons sal alle inligting aan ons kliënte bekend
maak wat volgens wet vereis word of wat tersaaklik is vir kliënte om ‘n
ingeligte besluit te kan neem.
·
Ons sal ons kliënte voor en na die opdrag of
advies op hoogte hou van alle relevante en belangrike inligting.
Onafhanklikheid
Ons kliënte weet dat -
·
wanneer ons tot ‘n mening of besluit kom, is
onafhankliheid die eienskap wat hom/haar
in staat stel om onbevooroordeelde oordeel aan die dag te lê en objektiewe
oorwegings toe te pas om die feite te staaf.
·
ten einde as onafhanklik erken te word, moet EMERALD
PORTEFEULJE BESTUUR vry wees van enige verpligting teenoor, of belang in die
kliënt, en die bestuur en eienaars daarvan.
·
besondere sorg word aan die dag gelê om toe te
sien dat ‘n onafhanklike benadering tot enige opdrag nie in gevaar gestel word
deur enige persoonlike of familiebande nie.
Professionele gedrag
·
Ons is te alle tye beleefd en bedagsaam teenoor
ons kliënte, derde partye, en ander finansiële adviseurs, personeel, werknemers
en die algemene publiek.·
Ons weerhou ons van diskriminasie teen enige
persoon op grond van ras, kleur, godsdiens, geslag, huwelikstatus, ouderdom of
herkoms en met betrekking tot indiensneming, bevordering, afdanking, salaris,
oorplasing, opleiding of ander praktyke in verband met werkverskaffing.
Botsing van Belange
·
Waar ons rede het om te meen dat ons of ons
werknemer(s) se betrokkenheid by ‘n opdrag moontlik ‘n botsing van belange kan
veroorsaak, sal ons hierdie feit onmiddellik openbaar maak.
·
In gevalle waar daar duidelik ‘n wesenlike
botsing van belange bestaan, sal ons dié feit onmiddellik aan ‘n kliënt of
Produkverskaffer openbaar maak.